Whitney Houston in 'Exhale'-opvolg
2011-05-09 22:19
Los Angeles – Whitney Houston sal vir die eerste keer in 15 jaar weer in filmteaters te sien wees in die opvolg van Waiting to Exhale.
Die meeste van die oorspronklike akteurs het ingestem om deel te wees van die opvolg van dié gewilde 1995-film.
Whitney Houston het die rol van Savannah Jackson, ‘n
televisievervaardiger, vertolk.
Terry McMillan het die draaiboek vir die
opvolg behartig en blykbaar sal Forest Whitaker weer die leisels as regisseur
oorneem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- BangShowBiz