Wêreld gons oor MJ se 'nuwe' liedjie
2010-11-10 06:48
Los Angeles – Die eerste enkelsnit deur Michael Jackson ná sy dood verlede jaar is Maandag beskikbaar gestel, maar is gou in omstredenheid gehul oor of dit werklik die stem is van die sanger van “Thriller”.
“Breaking News” is die nuwe liedjie wat volgens sy platemaatskappy in 2007 deur Jackson opgeneem is en “onlangs voltooi is”. Dit begin met brokkies van ou nuusberigte oor die meer bisarre gebeure in die Koning van Pop se lewe.
Die platemaatskappy Epic het verlede week gesê hy het ná indiepte-navorsing “volkome vertroue” dat die stem op die nuwe album Jackson se eie is.
Twee van Jackson se kinders meen egter dat dit nie hul pa is wat sing nie. Sy suster, LaToya, het ook haar twyfel uitgespreek.
“Ek het na die liedjie geluister. Dit klink nie soos hy nie,” het LaToya aan die webblad TMZ.com gesê.
Die nuwe album, Michael, word op 14 Desember beskikbaar gestel.
- Reuters