Wen met jou drama in RSG-wedstryd

2010-03-03 08:43
Tweets Share Share line Print

Anna-Retha Bouwer

Pretoria - Doop jou veer in ink, want die radiostasie RSG en Sanlam se radiodramaskryfkompetisie vir 2010 is pas aangekondig.

Margot Luyt van RSG sê enigeen met bewese skryftalent kan vir die kompetisie inskryf, ongeag of hulle al voorheen ’n radiodrama aangepak het of nie.

Deelnemers moet net seker maak hulle hou by die voorgeskrewe riglyne.

Oor verlede jaar se inskryf-oes sê Luyt dit was lekker om te sien dat mense respek vir die radiodrama as genre begin ontwikkel.

Die voorskrifte waaraan voldoen moet word, word verskaf in ’n handleiding wat saam met die reëls vir die kompetisie beskikbaar is. Lees hier meer oor die reëls.

Verlede jaar se pryswenner, Piet Steyn van Vrede in die Vrystaat, het onlangs sy wentjek van R20 000 in ontvangs geneem vir sy drama Die mynramp.

Leon van Nierop van Randburg was tweede met Twyfelberg. Hy het met prysgeld van R10 000 weggestap.

Stephanie Botes van Middelburg in Mpumalanga was derde met As die poelpetaan roep en het daarmee R7 000 losgeslaan.

Dit is Botes se eerste poging tot ’n radiodrama, vertel Luyt. Die sluitingsdatum vir inskrywings vir RSG en Sanlam se radiodramaskryfkompetisie is Woensdag 30 Junie.

Die handleiding kan ook by margaret@rsg.co.za of margot@rsg.co.za, asook by 021 430 8166/8204 of 011 714 2018 bestel word.

Van die tekste kan teen vergoeding opgevoer en uitgesaai word. 

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: radio

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2004
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2006
R 129,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.