Rooney nie meer gesig van Coca-Cola
2010-10-05 04:26
Kaapstad - Wayne Rooney, doelskopper van Manchester United en Engeland, sal voortaan nie meer die gesig van Coca-Cola wees nie nadat bewerings oor sy privaatlewe aan die lig gekom het.
Die 24-jarige Rooney sal steeds voortgaan om saam met Coca-Cola aan ander projekte te werk. Sy gesig sal egter nie vir 'n promosie in Brittanje op blikkies en botteltjies van Coke Zero verskyn nie.
Daar is nog nie besluit of Rooney se gesig weer in die toekoms op blikkies sal verskyn nie, het die maatskappy gesê.
Rooney se borgskap met Coca-Cola is glo ongeveer R6,7 miljoen werd.
Rooney het glo sy vrou met 'n prostituut verneuk het terwyl sy vrou swanger was, het die Britse media berig.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters