Wat maak Matt in SA?
2010-06-09 20:05
Kaapstad – Matt Harding het ‘n bekende gesig op YouTube geword met sy unieke dansstyl en video’s van regoor die hele wêreld.
Matt se voete-trippel-dans het aanklank by miljoene gevind nadat hy video’s daarvan op YouTube begin laai het.
Sy unieke konsep om oor die hele wêreld te toer en orals waar hy kom sy dansie te verfilm, het vinnig aandag getrek. Almal het later begin wonder; "Where the hell is Matt?"
Hy het byna reeds op elke plek op aarde gedans, dit verfilm en dan aan die wêreld gewys. Maar vir die eerste keer ooit het Matt sy eie danspassie opgegee inruil vir die Suid-Afrikaanse Diski-dans. Die Diski is ‘n trots Suid-Afrikaanse sokkerdans wat tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi die voete gaan laat jeuk.
Matt is uitgenooi om na Suid-Afrika te kom en die danspassies aan te leer.
In sy nuutste video toer hy regoor Suid-Afrika en Diski hy oral waar hy kan.
Volg Nuus24 op Twitter.