Walt Disney se kleinseun gearresteer
2009-12-11 02:28
Los Angeles – Patrick Disney Miller, die kleinseun van die bekende vervaardiger en animeerder Walt Disney, is in hegtenis geneem.
Hy het vermoedelik ‘n onwettige vuurwapen in sy besit gehad, het Rosario Herrera, ‘n polisiewoordvoerder in Los Angeles gesê.
Miller is ook daarvan aangekla dat hy ammunisie verkoop het.
Die 42-jarige Patrick Miller is die jongste kind van Diane Disney Miller, wat Walt Disney se enigste biologiese dogter is.
Volgens die polisie was Patrick Miller Woensdag gearresteer en later die aand vrygelaat. Hy moet weer op 31 Desember in die hof verskyn.
Walt Disney, wat bekendheid verwerf het vir sy animasiereekse soos Snow White en Cinderella, het in 1996 gesterf.
- Sapa-AFP