Walskoning André se SA vonds
2010-05-08 00:17
Gewoonlik betower André Rieu ander met sy musiek, maar die suiwer sopraanstem van die Suid-Afrikaanse operas anger Kimmy Sota het die Nederlandse vioolmeester oorweldig.
Rieu, die internasionaal bekende violis wat daarmee kan spog dat hy verlede jaar die meeste albums ter wêreld verkoop het, was ‘n vervoering toe Sota saam met hom by een van sy Suid-Afrikaanse konserte opgetree het.
Toe Rieu vir Skota die Xhosa-wiegeliedjie Thula Thula hoor sing, het die emosie hom so oorweldig dat hy die trane nie kon keer nie, het hy aan Huisgenoot vertel.
“Toe ek haar hoor, het ek doodeenvoudig nie woorde gehad nie en ek is ’n man wat gewoond is aan die verhoog,” het hy aan Huisgenoot gesê.
“Maar regtig, toe sy sing... Sjoe, dit was ongelooflik roerend.”
Hy het onmiddellik besluit dat sy moet tydens sy Suid-Afrikaanse konserte saam met hom optree.
Hy is trouens so beïndruk met sy swart diamant – soos hy na haar verwys – dat sy nou ’n jaar lank saam met hom deur die wêreld gaan toer.
Vir meer, besoek Huisgenoot