Waar sal die volgende Madiba vandaan kom?

2010-07-16 09:38
Tweets Share Share line Print

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ek lees eenvoudig nie boeke wat beloof om jou lewe te verander in 15 maklike stappe nie.

Ek vermy leesstof wat “geheime” aanbied om beter te leef. Nog nooit het ek lus gekry om ‘n boek op te tel wat lewenslesse te koop aanbied nie.

Maar ek moes hierdie boek eenvoudig kry. Op pad met Mandela: 15 lewenslesse het my aangenaam verras. Sonder twyfel lê hierdie boek se sukses in die sterkrag van Nelson Mandela en die ongelooflike insig van die Amerikaanse skrywer, Richard Stengel.

Stengel, ook die skrywer van Mandela se outobiografie Long Walk to Freedom, het ‘n unieke vriendskap met Suid-Afrika se oudpresident ontwikkel en sodoende ‘n kant van hom gesien wat min mense ooit sal.

Juis as gevolg hiervan kry Stengel dit reg om die leser te boei met insae wat sorg vir lekker leesstof.

Hierdie keer deel Stengel vyftien eienskappe van die inspirerende leier en een van die wêreld se mees bekende en geliefde politieke leiers.

Regdeur vanaf sy dae in die tronk tot sy vrylating daarna het Madiba ‘n soort deernis en leierskap getoon wat beide sy vriende en vyande stom gehad het.

By Madiba kan ons leer dat ‘n leier nie noodwendig altyd voor stap nie en dat hy soms die kollig met ander moet deel. Ook het hy bewys dat liefde die sleutelrol gespeel het in die verandering wat Suid-Afrika vandag sien.

Ná sowat 27 jaar in die tronk kon Nelson Mandela uitstap met haat en wraak in sy hart.  Maar hy het nie. Dit is juis hierdie optrede wat onder die vergrootglas kom in Stengel se nuutste Madiba-boek.
 
En as leser was ek stomgeslaan deur Mandela se insig, besluite, keuses en optrede ten spyte van dit wat hy moes deurmaak. Ook verstaan ek vir die eerste keer waarom mense sê hulle slaan in hoendervleis uit as hul hom ontmoet.

Allermins moet Mandela gesien word as ‘n goddelike figuur.

Om te waarheid te sê hy sal niks daarvan hou nie. Ja, hy het ook verkeerde besluite geneem en hy is bereid om dit te erken. Soos dit ‘n ware leier betaam.

In hierdie boek kry die leser werklik die kans om langs Mandela te stap. Byna soos ‘n pa en seun.

Lewenslesse het nog nooit vir my soveel waarde gehad soos dié wat ek in hierdie boek raakgelees het nie.

Aan die einde van die laaste bladsy het ek by myself gewonder waar die volgende Mandela vandaan sou kom? Ek’t gevoel ons het weer daardie Madiba-betowering nodig.

Toe besef ek, sonder om nou ietwat melodramaties te klink, dat daar nie ‘n volgende Madiba hoef te wees nie.

Elkeen een van ons beskik oor die vermoë om ons Madiba-eienskappe te ontdek. Maak nie saak hoe klein ‘n verskil ons in ons eie gemeenskap maak nie, die gevolge sál 'n impak hê.

Ons is die volgende leiers van Suid-Afrika en is ons daartoe in staat om Suid-Afrika se volle Reënboognasie-glorie te ontgin. Byeenkomste soos die onlangse Wêreldbeker-sokkertoernooi het bewys dat Suid-Afrikaners in harmonie kan saamleef mits beide kante bereidwillig is.

Sonder enige twyfel was Madiba een van ons land se beste leiers en as hy praat kan ons gerus luister.

- Nuus24

Lees meer oor: neslon mandela  |  boeke

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mdegrobler sê... Fantastic!!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Junior .Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Condor 3000D 4x4 TX MPV Dsl MY03
2003
R 144,990.00

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 105,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.