Video: Waaghals-toertjie loop skeef op TV
2010-12-06 11:13
Berlyn – ‘n Regstreekse uitsending van ‘n gewilde Duitse speletjiesprogram moes gestop word toe ‘n deelnemer se toertjie erg skeefloop.
Die deelnemer het probeer om met spesiale skoene bo-oor sy pa se bewegende motor te spring, maar in die voertuig vas gespring.
Daar word beweer dat Samuel Koch (23) se spesiale skoene se veermeganisme hom in die steek gelaat het.
Koch het veelvoudige rugbeserings en ook ‘n hele paar beenbreuke opgedoen.
Hy het Sondag chirurgiese behandeling ontvang en volgens die Duitse nuusagentskap, DPAD, is sy toestand kritiek.
Justin Bieber, die tiener-sangsensasie, sou direk ná die toertjie op Wetten Dass optree.
Hy’t getweet dat hy jammer is sy optrede is gekanselleer, maar dat “sekere dinge belangriker is as om op te tree”.
Waarskuwing: Nie vir sensitiewe kykers nie.