Waaghals oorleef rampspoedige toertjie
2010-12-07 11:00
Berlyn – Die 23-jarige waaghals wat beseer is tydens ‘n regstreekse uitsending van ‘n populêre Duitse speletjiesprogram se toestand is stabiel.
Samuel Koch word by die Düsseldorf Universiteitskliniek behandel, waar dokter hom nou stadig maar seker bybring ná hy onder narkose geplaas is.
Dit is nog te vroeg om te weet of hy verlam gaan wees.
Koch het sy rug ernstig seergemaak toe ‘n toertjie waartydens hy bo-oor ‘n bewegende motor moes spring, skeefgeloop het.
Omtrent agt miljoen mense het die program ten tyde van die ongeluk gekyk.
Duitsland se grootste televisiestasie, ZDF, het gesê hulle sal voortgaan met Wetten dass...?, wat al vir 30 jaar sonder voorval uitsaai.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP