Vusi en Karen Zoid deel verhoog

2011-11-11 07:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Stem gaan hierdie naweek in Kaapstad gehoor word. En hy gaan die verhoog deel met nog ’n stem wat al ’n dekade lank met ’n passie rock.

Vusi Mahlasela en Karen Zoid het in September vanjaar saam in die Lyric-teater van Goldreef City opgetree. Die gehoor was gaande en die deur is oopgegooi vir verdere optredes.

Vrydag- en Saterdagaand tree hulle in die Fugard-teater in ­Distrik Ses op. Dan is hulle op 27 November in die somerprogram van die Oude Libertas-amfi­teater in Stellenbosch.

“Die eerste keer het ek en ­Karen elkeen meer ons eie ding gedoen. Nou is dit meer van ’n samewerking; daar is baie ­musikale energie. Ek doen wel my ­solowerk, maar ek sing ook saam met haar,” vertel ­Mahlasela.

“Dis nogal moeilik vir my om iemand anders se liedjies te sing, maar ons boodskap is ­dieselfde, so dit maak dit ­makliker.”

Die tema van hul program is liefde, maar nie die romantiese soort nie.

“Ons wil hê die mense in die land moet mekaar liefhê, vir ­mekaar omgee, mekaar ver­gewe. Deur my loopbaan het ek gevra vir goedheid, empatie. Nou vra ek ook vir herverdeling. ’n Herverdeling van vaardig­hede, moraliteit en kennis. ­Mense wat dit het, moet dit met ander deel, anders gaan dit ­verlore.”

Mahlasela is pas terug van ’n toer saam met die folksanger Ray LaMontagne. Net voor dit het hy ’n week lank saam met met Paul Simon in New York ­opgetree en saam met die banjospeler Béla Fleck.

Sy jongste album, Say Africa, is in Amerika vervaardig deur die legendariese blues- en folk­musikant Taj Mahal in die Haunted Hollows-ateljee in Charlottesville.

Dit is die ateljee van Dave ­Matthews. Gewese Suid-Afrikaanse musikante wat nou in Amerika is, het meegewerk. Hulle is die trom- en perkussiespeler Ian Herman (Tananas), die baskitaarspeler Bakithi ­Kumalo (wat nou vir Paul Simon speel) and Mongezi Ntaka (’n ­kitaarspeler wat veral saam met Lucky Dube gespeel het).

Sy vorige album was Naledi Ya Tsela (2006) waarvoor hy in 2007 ’n Sama-toekenning ­ontvang het vir beste manlike kunstenaar.

Zoid het vanjaar haar dekade in die plaaslike musiekbedryf gevier met ’n toer genaamd ­Afrikaners is Plesierig.

Sy het ’n jaar gelede haar album Terms & Conditions uit­gereik. Haar lys van vererings sluit in Sama-, Kanna- en SAUK-Geraas-toekennings.

Vir die konserte in die Fugard-teater, bespreek by Computicket of by 021 461 4554.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2004
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2006
R 129,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.