Vroue van Boer soek 'n vrou gee raad

2010-09-13 14:17
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Tickey het sy trouvrou gekry, maar Lynda en Alna, twee vorige deelnemers, is nou albei gelukkig in nuwe verhoudings weg van dié realiteitsprogram. Hulle deel hulle Boer soek 'n vrou-ervaringe.

Lynda Smuts (28) van Malmesbury, Boer soek 'n vrou 2

Toe en nou:

Die wynboer Pieter Hanekom van Franschhoek moes tussen Lynda en die blonde Ashley Pugh kies. Daar was meer as genoeg drama op die plaas. Die twee vroue het gereeld 'n uitval gehad en selfs op mekaar geskree. Pieter het toe vir Lynda laat gaan, maar deesdae is dié boetiek-eienaar dolgelukkig in 'n verhouding.

"Vanweë die invloed wat die reeks op my lewe gehad het, wil ek dié verhouding persoonlik hou," sê sy.

Raad vir die nuwe vroue:

Sy raai vroue aan om mooi te dink voordat hulle aan die reeks deelneem.

"Die impak van so 'n program is vir ewig. Mense gaan jou oordeel en bespreek. Wees opreg, maar hou maar die meeste van jou emosies en gevoelens vir jouself."

Lekker en sleg: Dit was vir haar moeilik dat haar ware karakter nie op TV uitgebeeld is nie. Baie gesprekke tydens die reeks is byvoorbeeld uit konteks aangehaal, voel sy. En dít kan 'n slegte indruk van jou skep. "As ek geweet het wat ek nou weet, sou ek nooit deelgeneem het nie. Kykers beoordeel jou op grond van wat hulle op TV sien."

Die mededinging om alleentyd met Pieter te kry was moeilik. "Daar was nie genoeg tyd om hom te leer ken nie." Maar die reeks het nie Lynda se siening oor verhoudings of die liefde verander nie. "Liefde bestaan en jy moet daaraan werk. Dit moet van albei kante af kom. 'n Verhouding het opdraandes, maar daarsonder het jy nie afdraandes nie."

Lees meer by Sarie.

- Sarie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2004
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2006
R 129,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.