Vroue moet meer pornografie kyk, sê aktrise
2012-08-02 09:00
Los Angeles – Elizabeth Olsen dink vroue moet meer pornografie kyk.
Die aktrise het besluit om nie die rol van Anastasia Steele in die filmverwerking van Fifty Shades of Grey te vertolk nie en sy dink die storie se impak op die samelewing beteken mense moet meer pornografie kyk.
Anastasia is ‘n jong vrou wat deur die manipulerende miljardêr Christian Grey bekendgestel word aan die wêreld van bondage (BDSM) en stoute seks.
Olsen het aan Bullettmedia.com gesê: “Dit het ‘n groot impak op die samelewing gehad. Verkope het glo die hoogte ingeskiet, aangesien vroue wat die boek gelees het regtig besig is om in bondage in te gaan, wat wonderlik is.
“Dit is so ‘n taboe vir vroue om oor seksualiteit te praat sonder die hulp van Cosmopolitan.
“Hierdie boek het skielik ‘n sensasie geword, want die vroue wat dit lees het nog nie vantevore toegang tot die tipe ding gehad nie.
“Ek het met ‘n ou gepraat wat gegrap het oor dit. Hy het gesê, ‘Duidelik moet hierdie vroue net pornografie kyk’. Hy is op ‘n manier reg.”
Hoewel Elizabeth nie die rol wil hê nie, het Emma Roberts onlangs bekendgemaak dat sy sal spring vir ‘n kans om die rol in die film te vertolk.
Sy het gesê: “Almal sê lees Fifty Shades of Grey. Ek verstaan nie regtig nie. Maar almal op die vliegtuig het dit gelees en ek het gedink, ‘ek moet dit seker net kry.’
“Ek het dit nog nie gelees nie, ek verstaan nie eers nie, maar ja, dit klink ongelooflik. Enigiets wat die bloed laat kook. Vir seker, kom ons raak warm.”
– Volg Nuus24 op Twitter
- BangShowBiz