Vrou sê Steve is kind se pa

2010-01-17 07:23
Tweets Share Share line Print

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Vrou van KwaZulu-Natal glo vas Steve Hofmeyr is die pa van haar 12-jarige dogter en sy wil nou bo alle twyfel vasstel of dit so is of nie.

Me. Liezl Hayward (37) van Palm Beach het in ’n telefoniese gesprek met Rapport beweer die sanger ignoreer haar versoeke om ’n DNS-toets te ondergaan. “Steve kan dit nie ontken nie – hy ís die pa van my 12-jarige dogtertjie, Lizé,” sê sy.

Sy het Woensdag ’n SMS aan Rapport gestuur waarin sy die bewering oor Steve se vaderskap maak en dit later in telefoniese gesprekke herhaal.

As dit waar is, sal dit Steve se sesde kind wees.

Hayward sê sy en die popster het destyds nie ’n vaste verhouding gehad nie, maar wel gereeld seks gehad. “As jy na die datums kyk, is Steve die pa.”

Steve het drie buite-egtelike kinders – Charissa, Armand en Devon.

Steve het ook twee seuns, Sebastian en Benjamin, uit sy huwelik met Natasha Sutherland wat op die rotse geloop het.

Hy het volgens Hayward dikwels vir haar geskenkies gegee, maar geweier om ’n vaderskaptoets te laat doen wanneer sy daarom gevra het.

“Hy het gereeld hier R10 000 en daar R20 000 inbetaal, maar ek het nie meer die bewyse nie.”

Volgens haar het sy foto’s, dokumente en ander aandenkings “in ’n oomblik van woede” vernietig.

Sy beweer voorts Steve het dié Kersfees vir Lizé ’n geskenk van R1 000 gegee – maar die kind weet nie dit kom van die sanger of dat hy na bewering haar pa is nie.

Hayward het met haar voormalige man, André, getrou toe Lizé net agt maande oud was.

“Sy is grootgemaak met die idee dat André haar pa was. Hy was ’n moeilike man en sou my te lyf gegaan het as hy uitgevind het Lizé kon Steve se kind wees.”

Haar gewese man is ná hul egskeiding oorlede en sy voel sy kan nou maar daaroor praat.

Sy sê sy het sowat twee weke gelede per SMS met Steve gesels.

“Ons het sommer net oor gewone goed gechat, maar ek weet nie tans waar ek met hom staan nie – hy is baie stil.”

Sy het glo verlede jaar vir Steve per SMS gevra om ’n DNS-toets te ondergaan om bo alle twyfel vas te stel of hy die pa is, maar hy het nie daarop geantwoord nie.

“Wanneer ek hom gebel het, het hy nie reply nie.”

Lizé woon tans by haar eksman se weduwee omdat Hayward haar glo nie geldelik kan onderhou nie.

Hayward sê sy en Steve het mekaar ontmoet toe sy 15 jaar oud was en hulle oorkant mekaar in Moreletapark in Pretoria gewoon het.

“Dalk is Steve nie die pa nie, maar ek soek net closure. Dat ek kan aangaan met my lewe en dat Lizé miskien kan terugkom na my toe.”

Steve is tans aan boord van die MSC Sinfonia en kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Me. Amanda Singleton, ’n vriendin van Steve, het egter by navraag aan Rapport gesê elke tweede meisie wil Steve se “vriendin” wees.

“As sy so graag ’n DNS-toets wil hê – dagvaar hom dan.”

- Rapport

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
29 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2004
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2006
R 129,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.