Voorskou van Twilight se Breaking Dawn
2011-09-14 15:01
Los Angeles – Die vierdie fliek in die Twilight-reeks, Breaking Dawn se amptelike lokprent is pas uitgereik, het Sarie op hul webwerf berig.
In deel 1 van die film kan Twilight-liefhebbers die heldin Bella, beter bekend as Kristen Stewart, sien waar sy swanger is, berig people.com.
Dit is nie ’n gewone swangerskap nie, en die komplikasies wat daarmee gepaard gaan bewys dat die kleinding nie heeltemal 'mens' is nie.
Breaking Dawn sal vanaf 18 November in teaters begin draai.
– Volg Nuus24 op Twitter.