Voormalige skoonheidskoningin sterf aan borskanker
2011-12-20 17:00
Caracas – Die voormalige Mej. Venezuela-skoonheidskoningin Eva Ekvall, is op die ouderdom van 28 jaar aan borskanker oorlede.
Haar familie het gesê Ekvall het Saterdag in 'n hospitaal in Houston gesterf.
Ekvall is in 2000 op 17-jarige ouderdom as Mej. Venezuela gekroon en die daaropvolgende jaar was sy die derde prinses by die Mej. Heelal-kompetisie in Puerto Rico.
Sy het later as model, aktrise en televisie-aanbieder gewerk en het 'n boek, Fuera de Foco (Out of Focus), oor haar stryd met kanker wat foto's van die Venezolaanse fotograaf Roberto Mata insluit, geskryf.
Ekvall se familie het gesê sy sal in Houston veras word waarna haar gedenkdiens in Venezuela sal plaasvind.
Lees verder.
– Volg Nuus24 op Twitter.
– Channel24