Volstruisdorp vang lekker gees

2010-03-29 11:26
Tweets Share Share line Print

Oudtshoorn - ’n Gees van afwagting heers en die dorp is in rep en roer – die finale voorbereidings word gedoen vir die Absa Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK), wat Donderdag hier begin.

Byna al die groot, wit markiestente in die Rivierbuurt, die nuwe, omheinde feesterrein op die sportterrein van die Hoërskool Oudtshoorn, was teen gisteraand opgeslaan.

Die Rivierbuurt huisves verskillende verhoë en die Absa- kuns-en-vlooimark.

’n Dagpas wat toegang verleen tot dié gebied kos R40 en sluit ook toegang in tot Die Burger se verhoog by die C.P. Nel-museum en die verhoog by Gaby’s in Baron van Reedestraat.

“Baie van die verhoë se beligting is reeds op en van die venues word van vandag ingerig,” het Rudi du Toit, logistieke bestuurder van die fees, Vrydag gesê.

Die RSG-verhoog het voor die museum vorm aangeneem en Computicket se kantoor is binne die museum.

Volgens Du Toit sal die meeste van die heinings wat deur die KKNK opgerig is na afloop van die fees weer verwyder word.

“Daar heers ’n gees van afwagting oor die fees, wat ná 15 jaar anders gaan lyk en werk,” het die uitvoerende hoof van die fees, Brett Pyper, gesê. “Daar is baie belangstelling in die program en ons is tevrede met die kaartjieverkope.”

Vanjaar kan feesgangers vir die eerste keer voor die fees op die KKNK-webwerf uitvind waar en hoe laat kunstenaars op die verskillende musiekverhoë optree.

Pyper is ook opgewonde oor die gratis straatteater wat vir die eerste keer in die geslote deel van Baron van Reedestraat plaasvind.

“Maar ons het ook interessante haakplekke gehad, soos die swemgala wat van Saterdag tot Maandag in die N.A. Smit- munisipale swembad gehou word. Voorbereidings vir die produksie Betèsda, wat by die swembad aangebied word, kon dus nie vooraf gedoen word nie.”

Piet Lodder, bestuurder van Agri Klein-Karoo, het gesê 3 000 plaaswerkers en hul gesinne sal vanjaar die KKNK bywoon as deel van die fees se gehoorontwikkelingsprogram.

Absa, al die afgelope vier jaar die hoofborg van die KKNK, het Vrydag aan die vooraand van vanjaar se fees bekend gemaak dat die borgskap nog vir minstens die volgende vyf jaar sal geld.

Besonderhede oor die borgskap is nie bekend gemaak nie, maar Pyper het gesê die borgskap word beskou as ’n aansienlike mosie van vertroue in die jaarlikse feesprogram en die gemeenskapswerk wat in die omgewing gedoen word.

Die fees duur vanjaar tot 8 April.

- Die Burger

Lees meer oor: kknk  |  kunstefeeste

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2004
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2006
R 129,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.