Voetganger dagvaar Lohan ná 'ongeluk'
2012-01-26 09:02
Los Angeles – 'n Vrou wat beweer sy is deur Lindsay Lohan se Maserati raakgery, dagvaar die aktrise vir skadevergoeding.
Nubia Del Carmen Preza beweer sy is in September 2010 raakgery toe sy 'n pad in die weste van Hollywood oorgesteek het.
Preza voer aan in hofdokumente dat sy "ernstige beserings opgedoen en pyn en lyding verduur het". Sy eis skadevergoeding vir al haar mediese kostes en verlore tyd by die werk.
Haar prokureur, Gregory Picco, kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
Luidens hofdokumente het Lohan die motor ten tyde van die ongeluk bestuur.
Steve Honig, Lohan se woordvoerder, het gesê nie Lohan of haar prokureurs het nie 'n kennisgewing van die saak ontvang nie, dus kan hy nie kommentaar lewer nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP