Virus hou André Rieu van verhoog af
2010-09-23 06:46
Kaapstad – Die opelug-vertoning van die violisheld André Rieu op Kaapstad se historiese parade is afgestel hoofsaaklik weens die stres wat dit vir hom inhou.
Rieu, ’n Nederlander, het sowat vier weke gelede siek geword weens ’n virus wat sy ewewig aangetas het.
Aanvanklik is gereken hy sal die virus gou afskud, maar dit gaan stadiger weens sy oorwerkte en strestoestand.
Die parade-konsert sal vervang word deur drie vertonings in die Grand Arena, het Sam Hendrikse van Hunta Live, Rieu se verteenwoordiger in Suid-Afrika, gister gesê.
Bewonderaars wat kaartjies vir die parade-vertoning gekoop het, sal hul geld terugkry of hulle kan ’n kaartjie vir een van die drie binnenshuise vertonings bekom.
Kaartjiekopers sal teen Maandag direk gekontak word, het Hendrikse gesê.
Rieu het siek geword toe hy vir die eerste keer in ’n lang tyd ’n week vakansie geneem het.
Sy seun, Pierre Rieu, het aan die Nederlandse koerant De Telegraaf gesê met die rus het die infeksie ’n houvas gekry en die medisyne daarvoor is “rus, rus en rus ... natuurlik iets waarvan my pa glad nie hou nie”.
Drie konserte in Nederland waarvoor sowat 78 000 mense reeds kaartjies gekoop het, is aanvanklik gekanselleer.
Daar is gehoop Rieu sou gesond wees voordat oorsese toere na Brittanje, Ierland, Australië en Nieu-Seeland sou begin.
Sy herstel was nie na wens nie en die toere is afgeste
- Beeld