Vigsstigting kla oor porno
2009-08-20 22:34
Los Angels – ‘n Amerikaanse vigsstigting sê dit beplan om klagtes teen 16 maatskappye wat pornografiese films vervaardig te lê vir die verfilming van onbeskermde sekstonele.
Die organisasie, Aids Healthcare Foundation (AHF), sou Donderdag amptelik die klagtes aanhangig gemaak het.
AHF sê dié films demonstreer roekelose gedrag in die werkplek en sê sowat 60 films sal saam met die klagte ingehandig word.
Hustler Video en Maverick Entertainment is twee van die maatskappye wat aangekla word en wou nie dadelik op die klagtes kommentaar lewer nie.
- Sapa