Vier Valentynsdag met Paul McCartney
2012-02-09 12:55
Loden – Sir Paul McCartney help Valentynsdag een romantiese man om sy geliefde die groot vraag te vra.
Die voormalige Beatle gaan 'n platform op sy amptelike Facebook-blad skep waar 'n gelukkige wenner sy nooi om haar hand kan vra.
"Paul wil hê jy moet jou liefde deel. Indien jy verlief is, nooi Paul jou om jou geliefde hier die groot vraag te vra. Ons sal vir jou 'n spesiale plek bo-aan Paul se blad maak om jou geliefde te vra om met jou te trou," lui 'n boodskap op McCartney se Facebook-blad.
Die persoon wat gekies word om sy boodskap op McCartney se Facebook-blad te plaas, sal op 12 Februarie in kennis gestel word, "om hulle bietjie tyd te gee om kop uit te trek indien hulle koue voete kry".
Vanjaar se Valentynsdag sal ekstra spesiaal wees vir McCartney. Dit is hom en Nancy Shevell se eerste Valentynsdag saam. Hulle is verlede jaar getroud.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter