Video: Opname van Jackson se lyfwag wat 911 bel
2011-09-30 20:58
Los Angeles – 'n Opname van Michael Jackson se lyfwag, Alberto Alvarez, waar hy die 911-nooddienste op die dag van die sanger se dood gebel het, is in die hof gespeel, berig The Telegrapgh.
Alvarez het op die derde dag van dr. Conrad Murray se verhoor getuig.
Murray, Jackson se persoonlike dokter, het skuld ontken op 'n aanklag van onvrywillige manslag.
Alvarez het die 911-nooddienste gebel nadat hy Jackson bewusteloos in sy kamer aangetref het met Murray wat besig was om hom by te bring.
Murray se prokureur, Ed Chernoff, wou weet of daar genoeg tyd vir Alvarez was om te verhoed dat Jackson se kinders sien wat gebeur en terselfde tyd ook die kamer deursoek vir enige dwelmmiddels.
Dít was glo alles in 'n kort periode gedoen voordat hy (Alvarez) die nooddienste gebel het.
Staatsaanklaers voer aan Murray het onnodig lank geneem om mediese hulp te ontbied.
– Kliek hier om na die 911-opname te luister.
– Volg Nuus24 op Twitter.