Video: Charlize klets in Afrikaans op CNN
2011-07-07 14:37
Kaapstad – Die aktrise Charlize Theron het haar Suid-Afrikaanse aanhangers die ore laat spits toe sy onlangs tydens 'n televisieonderhoud op CNN se program Piers Morgan Tonight 'n paar woorde in Afrikaans gepraat het.
Sy het haar naam in Afrikaans uitgespreek en ook genoem dat dit moeilik is om Afrikaans of die taal te praat "as jy al persoon is wat dit praat en niemand praat terug nie".
Kyk hieronder na die video:
– Volg Nuus24 op Twitter.