Victoria Beckham kry rol op SpongeBob
2010-06-15 14:20
Kaapstad – Victoria Beckham gaan binnekort die stem van die meermin-koningin Amphitrite op ‘n episode van die gewilde kinderprogram SpongeBob Squarepants wees.
“Ek was so opgewonde toe ek gevra is om ‘n deel van SpongeBob te wees, aangesien my kinders mal is oor die program. Toe ek vir die seuns vertel dat ek op SpongeBob gaan wees was hulle vreeslik opgewonde. Dit was soveel pret om vir ‘n dag ‘n koningin te wees,” het die 36-jarige gesê.
David Bowie, David Hasselhoff, Johnny Depp en Ricy Gervais was almal al stemme vir karakters op die program wat deur miljoene kinders, sowel as volwassenes, regoor die wêreld geniet word.
Lees meer by Tonight
Volg Nuus24 op Twitter