Vet regisseur mag nie vlieg nie
2010-02-16 16:47
Die regisseur Kevin Smith het witwarm debatte aan die gang gesit nadat hy deur die lugredery Southwest Air van ‘n vlug geskop is omdat hy oorgewig is.
Smith het briesende aanmerkings oor die ‘onregverdige’ manier waarop die lugredery hom behandel het, gemaak maar die lugredery sê hy was te groot om in hul sitplekke te pas en dus ‘n veiligheidsrisiko. Dit het ‘n golf van protes van sy ondersteuners gelok terwyl ander reisigers die lugredery se besluit ondersteun.
“As jy soos ek lyk kan Southwest Air jou uitskop,” het die regisseur van die nuwe Bruce Willis rolprent Cop Out, saam met 'n foto van homself getweet.
Lees meer: www.timeslive.co.za.