Vernon in Idol se musiekvideo
2009-11-19 01:25
Herman Eloff, Nuus24
Kaapstad – Jason Hartman, Suid-Afrika se nuutste Idol, het die hulp van die held Vernon Koekemoer ingeroep vir sy nuutste musiekvideo.
Die video vir “On the Run” wys hoe Vernon agter Hartman aanhardloop met ‘n krieketkolf in die hand. Die man van staal is soos altyd geklee in sy swart rugbybroekie terwyl die Idol in ‘n jean en stywe leerbaadjie op ‘n motorfiets rondjaag.
Hierdie komieklike video vang Hartman se talente agter die mikrofoon moeiteloos vas. Dit is propvol beeldskone meisies, wilde danspassies en pomp van die testosteroon.
Hartman kry dit reg om die kyker te laat vergeet van die drama wat losgebreek het toe beide hy en Sasha-Lee Davids die Idols-kroon moes deel.