Verfilming van die vampier-film Bloedsuiers begin
2011-03-30 10:32
Kaapstad - Die verfilming van die eerste Afrikaanse vampier-film, Bloedsuiers, het in die Wes-Kaap begin.
Volgens die webwerf Filmcontact.com is dit 'n gruwelkomedie.
Akteurs soos Darron Meyer, Inge Beckmann, André Rothman en die komediant Rob van Vuuren sal daarin verskyn.
Die verhaal handel oor twee vampier-jagters wat in die Karoo 'n vampier-prins gaan soek.
Die film word befonds deur privaatmaatskappye en skenkings van die publiek.
- Vir meer inligting besoek RSG.
- Volg Nuus24 op Twitter.