Vere waai oor anti-pels advertensie
2010-01-07 10:26
Washington - Die vere waai omtrent oor ‘n nuwe anti-pels advertensieveldtog waarin Michelle Obama, sonder dat sy toestemming gegee het, verskyn.
Die feit dat dié advertensie deel is van ‘n anti-pels-veldtog, maak nie aan die Withuis ‘n verskil nie.
Ingrid Newkirk, die president van People for the Ethical Treatment of Animals (PETA), erken dat haar organisasie nie die Withuis se toestemming vir die veldtog gevra nie.
Sy sê hulle is bewus daarvan dat die presidentsvrou nie ‘n veldtog van so ‘n aard kan onderskryf nie.
Die Withuis het wel in die verlede bevestig dat Michelle Obama nie pelsprodukte dra nie en PETA het hiervolgens opgetree.
Oprah Winfrey, Carrie Underwood en Tyra Banks, wat hulself ook al oor pels-produkte uitgespreek het, is saam met Michelle Obama in die advertensies te sien.
Die advertensies is op PETA se webblad, in verskeie tydskrifte en Washington se metrostasies te sien.
- AP