Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Vere waai oor SA se eie Gangnam-video

2012-11-17 08:20
Tweets Share Share line Print
Video - Gangnam Style... in Afrikaans
Die Afrikaanse kunstenaar Dirk van der Westhuizen het sy eie weergawe van die wêreldwye treffer "Gangnam Style" bekendgestel. KYK
 

Johannesburg – Die Pretoriase sanger wat vroeër vandeesweek sy liedjie “Supercool” op YouTube geplaas het, het gesê hy sal hom nie laat onderkry deur negatiewe kommentaar nie, berig Beeld.

Van der Westhuizen (22) het oornag ietwat van ’n sensasie geword nadat die video van sy liedjie “Supercool” onder meer op die webblad Gevaaalik.com uitgewys is.

Die video, wat Woensdag op YouTube geplaas is, is teen Saterdagoggend meer as 57 000 keer gekyk.

Van der Westhuizen het gesê hy is verbaas oor al die negatiewe kommentaar.

“Dit was oorspronklik net ’n fun-ding. Ek dink baie mense het net daarna gaan kyk omdat hulle my haat sonder dat hulle my of my musiek ken.

“Dit (die kommentaar) het nog nie regtig ingesink nie. Ek dink nie mense besef wat hulle sê nie.”

In die video sing hy gedeeltes van die aanlyntreffer “Gangnam Style” van die Koreaanse popster PSY en voer ook van PSY se danspassies uit.

Daar is al meer as 700 miljoen keer na die oorspronklike “Gangnam Style” op YouTube gekyk.

Pierre van der Westhuizen (nie familie nie) van sy platemaatskappy, Maroela Musiek, het gesê hulle het op die verwysing na “Gangnam Style” besluit omdat dit “so goed pas by Supercool”.

Al is daar mense wat hom aanmoedig om van ’n dak af te spring, het Dirk gesê dit sal sy sangloopbaan beslis nie kelder nie.

“Ten minste is my naam nou op almal se lippe.”

Tog verkies hy in die lig van sommige van die dreigemente om nie nou te sê waar sy optrede Saterdag sal wees nie. 

– Lees meer hier

– Volg Nuus24 op Twitter

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Roodepoort - 19:59 PM
    Road name: Ontdekkers Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Ruhama Drive
  • Friday Randburg - 19:58 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Boundary Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Senior Internal Auditor

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R410000 - R510000

Treasury Accountant

East Rand
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.