Veiling by Michael Jackson se huis
2011-12-15 08:32
Beverly Hills – Die inhoud van die herehuis waarin Michael Jackson se lewelose liggaam deur die veroordeelde dr. Conrad Murray gekry is, sal volgende week opgeveil word.
Daarmee word ’n einde gebring aan die tragiese sage wat in 2009 begin en verlede maand tot ’n einde gekom het met die voormalige dokter agter tralies.
Nagenoeg 500 artikels, meestal skilderye, meubels en ornamente, word te koop aangebied by die huis in Bel Air wat Jackson gehuur het terwyl hy aan ’n konsertreeks gerepeteer het.
Slegs ’n klein hoeveelheid van die artikels het ’n pynlike, maar persoonlike konneksie met die sanger, sy kinders en sy beroemde familie.
“Selfs al het dié artikels nie aan hom behoort nie, is dit goed wat Jackson tydens die laaste dae van sy lewe omring het. Enigiets wat met Michael Jackson geassosieer kan word, is hoogs versamelbaar,” het die afslaer Darren Julien gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters