Vanessa Paradis, Johnny Depp nie uitmekaar
2012-01-26 11:02
Parys – Die Franse sangeres en aktrise Vanessa Paradis het ontken dat sy en Johnny Depp uitmekaar is.
“Die gerugte is vals, natuurlik is dit vals,” het sy Dinsdag op 'n nuusprogram op die Franse-televisiekanaal Canal+ gesê.
“Dit is ‘n gerug wat my gesin regtig skade kan berokken,” het sy bygevoeg.
Die ster het gespot oor gerugte wat rondvlieg en het dit as oordrewe bestempel.
“Ek beëindig my verhouding in die winter en trou in die somer. Ek is swanger met my 12de kind,” het sy geskerts.
“Dit is nie ernstig nie... maar aan die ander kant kan dit my kinders seermaak,” het sy gesê.
Die paartjie, wat hul tyd tussen Frankryk en die VSA deurbring, is al 14 jaar lank saam en het twee kinders wat nege en 12 jaar oud is.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AFP