Van Twilight na strokiesprente
2010-03-18 12:32
Los Angeles – Die Twilight-ster Kristen Stewart sal binnekort die ster van haar eie strokiesprentboek wees.
Stewart sal by ‘n groep bekendes aansluit wat al in strokiesprentboeke verewig is. Hierdie biografiese strokiesprente sal in Junie bekendgestel word.
Fame: Kristen Stewart word saam met ander sterre se biografiese strokiesprentboeke deur die maatskappy Bluewater Productions uitgegee.
"Kristen Stewart is ‘n vrou wat aanhangers graag wil wees en mal daaroor is om te haat. My doel met dié biografie is om lesers te wys hoe diep hierdie vrou is en ook te vertel van die rolle wat sy so goed aangepak het,” het die skrywer, Kim Sherman, gesê.
Lees hier meer.