Vampier-film gaan beursies leeg suig
2009-11-20 04:05
Los Angeles – Die slimmes in Hollywood meen die nuutste film in die Twilight-saga, New Moon, gaan teaters hierdie week soos ‘n donderstorm tref.
Alle verwagtinge dui daarop dat New Moon sowat R700 miljoen sal insamel tydens sy openingsnaweek. Hierdie kom ‘n jaar nadat die eerste film alle verwagtinge oortref het en oornag ‘n sukses geword het.
In Amerika en Kanada alleen sal New Moon in sowat 4 024 teaters vertoon woord, meeste films word gewoonlik slegs in 3 500 teaters gewys.
Die webtuiste Fandago.com en MovieTickets.com, wat kaartjies aanlyn verkoop, meen New Moon is hulle beste verkoper ooit.
Robert Pattinson en sy bende het Suid-Afrikaanse teaters op 19 November getref.
- Reuters