Valiant praat oor sy toorwoorde

2011-06-14 11:19
Tweets Share Share line Print

Valiant Swart het in Maart sy digbundel, Toorwoorde Roep My, bekend gestel. (Marieke Snyman)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad - Valiant Swart, die blues-sanger van Stellenbosch ook bekend as die Mystic Boer, het in Maart ‘n digbundel van al sy lirieke bekendgestel.

Dit staan bekend as Toorwoorde Roep My en bevat die lirieke in digvorm vanaf sy heel eerste CD tot en met die nuutste een saam met Ollie Viljoen.

Dit is iets wat hom al vir jare na aan die hart lê en wat hy wou doen sedert hy verstand het, het hy tydens ‘n onderhoud by sy huis in Stellenbosch aan Nuus24 gesê.

“Ek wou nog altyd graag ‘n digbundel uitgee, maar my digwerk manifesteer toe in lirieke.

“Ek is so ‘n ruk terug genader deur die uitgewers, wat gevra het of ek nie ‘n boek wil skryf oor die afgelope 20 jaar van my loopbaan nie. Dan kan ek tussenin van my lirieke plaas.

“Ek kom toe agter dat net die lirieke alleen reeds baie is en dat die biografie-tipe boek heeltemal te veel tyd gaan neem, wat ek nie op die oomblik het nie. Eindelik het ons toe besluit dat net die lirieke alleen ook ‘n goeie idee is... en daar is hy. Nou het ek hom.”

Omdat die boek juis fokus op die woorde, op die liriek as gedig, het hy nie bladmusiek by die liedjies gesit nie. Hy wou dit nie ‘n liedjieboek maak nie omdat akkoorde en musiek volgens hom die leesproses van die lirieke self belemmer.

Dit het in dié geval vir hom spesifiek gegaan oor die teks, het hy verduidelik.

“Die titel kom uit een van my liedjies, Oos Wes Wals, uit. Dit het net reg gewerk en die regte betekenis vir my gehad.”

Dit is duidelik dat sy aanhangers ook van die boek hou.

“Het die fantastiese nuus gekry dat die eerste oplaag van Toorwoorde Roep My uitverkoop is. Lekker brag ek nou,” het Valiant Maandag op sy Facebook-blad geskryf.

As alles goed gaan en Valiant genoeg tyd kry hierdie jaar, behoort hy in 2012 ‘n nuwe CD uit te bring, het hy gesê.

“Ek het ‘n klomp liedjies wat hier rond lê. Ek sit met ‘n paar lekker idees in my kop. Ek dink teen volgende jaar sal ek weer ‘n  rock and roll-, country- en blues- Valiant Swart-CD uitbring,” het hy gesê.

Op sy laaste twee CD’s het hy saam met Ollie Viljoen gewerk.

“Ek het geweet die mense wat regtig hou van die soort musiek wat ek maak, sal waardering daarvoor hê. Hulle sal daarvan hou.

“Baie van my aanhangers het na my toe gekom en gesê van die songs op die CD’s kon net sowel Valiant Swart-songs gewees het. En daarmee het ek net bewys dat my musiek nie soveel verskil van iemand soos Ollie Viljoen, wat ‘n generasie of wat ouer as ek is, se soort musiek nie.”

Vir meer as twee dekades reeds vermaak Valiant Swart gehore oor die land heen.

Verlede jaar het hy twintig jaar in die bedryf gevier met ‘n huldeblyk-konsert wat vir hom by OppiKoppi gehou is. Toorwoorde Roep My herdenk in ‘n mate sy ‘mondigwording,’ en daar is nog baie lewe in sy oë.

“Die bedryf hou ‘n mens jonk, man. Ek voel nie oud nie. Ek lyk nie oud nie. So ek sal nog vir lank rock and roll.”



- Besoek Valiant Swart se webtuiste en Facebook-blad vir meer inligting.

- Volg Nuus24 op Twitter.
 

Lees meer oor: valiant swart  |  boeke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2004
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2006
R 129,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.