'Vaal vroutjie' vat toe Sandra se man

2012-02-09 07:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – "’n Skatryk, vaal vroutjie uit een van Swede se mees invloedryke families” het die verhouding van die aktrise Sandra Prinsloo en haar lewensmaat van sewe jaar, prof. Willem van Riet, laat verbrokkel.

Die vrou se broer bly in Nederland, waar hy goeie vriende met lede van die koningsgesin is.

Prinsloo wou Dinsdag niks sê nie oor die vrou, aan haar net bekend as Evelene. Woensdag het sy aan haar boesemvriend Jan Groenewald, eienaar van die Foxwood House-boetiekhotel in Johannesburg, toestemming gegee om namens haar met Die Burger daaroor te praat.

Sy self wou nie praat nie omdat sy verkies om nie in ’n “moddergooiery” betrokke te raak nie.

Van Riet, wat in Maart 70 word, het Dinsdag ontken dat ’n ander vrou betrokke is en gesê sy en Prinsloo se vol programme het hul verhouding gekelder.

Daaroor was Prinsloo Woensdag baie ontsteld toe sy dit in Die Burger gelees het, “omdat ons vol dagboeke absoluut niks met ons verbrokkelde verhouding te doen het nie”.

Groenewald en Prinsloo is al 20 jaar lank vennote in ’n rolprentvervaardigingsmaatskappy. “Ons is mekaar se heel beste vriende,” is hoe hy hul verhouding beskryf.

“Willem het in Swede as omgewingskonsultant betrokke geraak by verskeie omgewingsprojekte, onder meer die stigting van ’n vredespark. Hy het Eve­lene toe ontmoet, want sy is die voorsitter van dié projek. Ek neem aan ek spel haar naam reg, want ek kan nie Sweeds praat nie.

“Hoewel Sandra in die laaste maande agterdogtig was, het sy op 23 Desember eers uitgevind dat Willem en die vaal vroutjie al 18 maande in ’n verhouding is. Sy het Willem op dié dag daarmee gekonfronteer.

“Volgens Sandra was sy antwoord: ‘Hoe kan ek haar nou los? My grootste droom sal aan stukke spat. Sy maak vir my deure oop’.?”

Volgens Groenewald het Prinsloo toe vir Van Riet gevra om hul huis in Kalkbaai te verlaat. “Willem is toe na sy huis op Stilbaai. Skaars tien dae later het Evelene daar by hom gaan kuier,” het Groenewald gesê.

Van Riet het nie Woensdag op verskeie stempos- en SMS-versoeke om kommentaar op dié stellings gereageer nie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: sandra prinsloo  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
62 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2004
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2006
R 129,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.