VOORSKOU: Public Enemies
2009-09-04 14:55
Die regisseur Michael Mann se historiese misdaaddrama Public Enemies begin dié naweek draai by rolprentteaters oor die land.
Dié film handel oor die pogings van 'n top-FBI-agent, Melvin Purvis, om 'n berugte bankrower vas te trek.
Johnny Depp, Marion Cotillard en Bully Crudup is te sien in die hoofrolle, en die film is oor die algemeen positief ontvang in die VSA.
Hieronder is 'n voorskou van die film. Vir meer inligting, besoek Ster-Kinekor se webwerf.