Usher skenk Gaddafi-geld aan liefdadigheid
2011-03-06 17:21
Los Angeles – Die sangsensasie Usher het geld wat hy vir ‘n konsert vanaf die Libiese diktator Muammar Gaddafi ontvang het vir liefdadigheid geskenk.
‘n Hele paar sterre soos Beyonce, Mariah Carey en Nelly Furtado het erken hulle is betaal om vir Gaddafi en sy familie te sing.
Nadat Gaddafi geweier het om die tuig neer te lê, het al drie sangers eld wat hulle van hom ontvang het aan liefdadigheidsorganisasies geskenk.
Usher het bevestig hy was in 2009 betaal om by ‘n Nuwejaarspartytjie op te tree wat deur Gaddafi se seun, Muatassim, gereël was.
Die partytie was op die Karibiese eiland St. Barts gehou.
- Vir die volledige storie besoek Contact Music.
- Volg Nuus24 op Twitter.