Usher se musiek gaan oor sy private lewe
2010-05-04 10:52
Kaapstad – Die R&B sanger Usher, wie se egskeiding van sy vrou Tameka Foster-Raymond verlede jaar in November afgehandel is, het bekend gemaak dat sy nuwe album ‘Raymond vs Raymond’ oor sy mislukte huwelik gaan.
Hy het aan die Guardian gesê die laaste ding wat ‘n mens wil doen is om op te gee. Maar wanneer jy alles in jou vermoë probeer het, is die beste om te laat gaan.
“Ek het nie ‘n private lewe nie. Om R&B musiek te maak, neem jy ‘n emosionele ondervinding en sing passievol daaroor.
Ten spyte van die moeilike tye waardeur hy is, het die 31-jarige sanger goeie herinneringe van sy huwelik.
“Ek dink terug aan die tyd toe ek my vrou gevind het. Dit was een van die beste oomblikke in my lewe.”
- Vir die volledige storie besoek Bang Showbiz
Volg Nuus24 op Twitter.