Usher op pad na SA
2011-11-01 17:40
Kaapstad – Die R&B-sanger Usher is op pad na Suid-Afrika en gaan by die Hansa Pilsener se Hansa Festival of Legends optree.
“Hansa, in samewerking met Big Concerts, voel geëerd om so ‘n groot legende te verwelkom,” het Mosidi Seretlo, algemene bestuurder van Hansa Pilsener, gesê.
Usher sal tesame met ‘n hele paar Suid-Afrikaanse kunstenaars in Johannesburg by die Orlando Stadion in Soweto optree. Daar sal ook konserte in Kaapstad by die Grand Arena, GrandWest asook by die Internasionale Konferensiesentrum in Durban gehou word.
Usher se album Confessions wat in 2004 vrygestel is, het meer as 1 miljoen kopieë binne die eerste week verkoop. Sy album het in totaal meer as 20 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop.
Die Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, entrepreneur en akteur het onlangs saam met die bekende platejoggie David Guetta saamgespan en ‘n nuwe enkelsnit, "Without You", vrygestel.
Kaartjies sal vanaf 4 November by Computicket beskikbaar wees.
Kaapstad
3 Maart 2012
Grand Arena, GrandWest
Kaartjies vanaf R275 – R450
Durban
7 Maart 2012
Internasionale Konferensiesentrum in Durban
Kaartjies vanaf R250 – R450
Soweto
10 Maart 2012
Orlando Stadion
Kaartjies vanaf R200 – R600
– Channel24
– Volg Nuus24 op Twitter.