Uitsmyter vertel van Tindall-video
2011-10-06 12:57
Auckland – Die Nieu-Seelandse uitsmyter wat beeldmateriaal vrygestel het van die Engelse rugbyspeler Mike Tindall en sy eksmeisie wat by 'n kroeg op kringtelevisie vasgelê is, het sy kant van die storie vertel.
Jonathan Dixon (40) word daarvan aangekla dat hy toegang tot 'n rekenaar vir oneerlike doeleiendes verkry het.
Hy het op 'n aktualiteitsprogram in Nieu-Seeland verskyn om sy optrede te verdedig.
Dixon het beeldmateriaal waar Tindall sy arm om 'n blondekop sit op Youtube vrygestel.
"Ek was nie oneerlik nie. Ek is nie sonder sonde nie, maar ek is onskuldig", het Dixon gesê.
Op 'n vraag oor die media wat hom as egotisties beskryf, het hy geantwoord: ""Hmm... hel, ja."
Hy verskyn weer op 17 Oktober in die Queenstown-distrikshof.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA