U2 tree gratis op
2009-10-28 16:23
Londen – Die Ierse rockgroep U2 sal ‘n gratis konsert aanbied om die 20ste herdenking van die val van die Berlynse muur te vier.
Die groep het Woensdag aangekondig dat die vertoning by die Brandenburg Gate in Berlyn plaasvind.
U2 sal op die 5de November as deel van die MTV Europese musiektoekennings optree. Die herdenking van die val van die muur is op die 9de November.
"Dit sal opwindend wees 20 jaar later, byna tot op die dag, hier op te tree,” het Paul McGuinness, die groep se bestuurder gesê.
- Sapa