U2 konsert: ‘Gestremdes moet net f*k*f!’

2010-12-18 09:02
Tweets Share Share line Print

Beeld

Johannesburg - “Gestremdes moet ‘f*k*f’!”

Dít was die boodskap wat ’n kontrakteur van Big Concerts per ongeluk op die Wêrelddag vir Gestremdes aan ’n organisasie vir gestremdes gestuur het.

Graham Cunningham, ’n onafhanklike kontrakteur van Big Concerts, het in ’n interne e-pos sy misnoeë met Ari Seirlis, nasionale direkteur van die QuadPara-vereniging van Suid-Afrika (Qasa) uitgespreek – en toe die e-pos per ongeluk ook aan Seirlis gestuur.

Dít kom nadat Seirlis en Big Concerts ’n weke lange debat gehad het oor sitplekbeskikbaarheid vir gestremdes by U2 se Johannesburgse konsert.

“Hoeveel politiek en ‘bullsh*t’ kan daar rondom een vertoning wees!!!

“Hulle moet net ‘f*k*f’!” het Cunningham, in Engels, geskryf.

Seirlis het sedert begin November met Big Concerts probeer onderhandel vir goedkoper sitplekke vir gestremdes by die FNB-stadion.

Volgens hom was die goedkoopste sitplek vir gestremdes van R856, met geen gratis kaartjies wat aan gestremdes se helpers verskaf word nie.

Die goedkoopste kaartjies vir mense sonder ’n gestremdheid beloop R161.

Dít terwyl die FNB-stadion tydens WB 2010 goedkoop kaartjies én ’n ekstra kaartjie vir ’n handlanger aan gestremdes beskikbaar gestel het.

Big Concerts het intussen aangekondig hulle gaan ’n tydelike platform vir gestremde mense op die veld van die stadion oprig.

Gestremdes gaan ook ’n gratis tweede konsertkaartjie kry sodat helpers hulle in en uit die sta­dion kan vergesel.

“Gestremde aanhangers wat reeds kaartjies het, kan enige tyd van 09:00 op 21 Desember hul gratis kaartjie vir hul metgesel by enige Computicket-kantoor opeis.

“Aanhangers wat reeds kaartjies het, maar wat dit vir ’n goedkoper opsie wil verruil, is welkom om dit ook van dié datum af te doen.”

Luidens die verklaring distansieer Big Concerts hul van Cunningham se opmerking.

In ’n e-pos aan Seirlis het Cunningham gesê hy is jammer dat sy opmerking hul ore bereik het.

“Moet dit asseblief nie persoonlik opneem nie. Ek’s net gefrustreerd met al die ‘politiek’ wat die U2-toer omring. Dis asof ’n aantal organisasies dit as ’n platform vir hul saak wil gebruik, wat dit moeilik maak om op die enorme taak wat voor ons lê, te fokus,” het hy geskryf.

Seirlis het gister gesê hy is “verheug” oor Big Concerts se besluit om die gestremdes te akkommodeer, maar is ontevrede met Cunningham se reaksie.

Hulle is besig om regshulp in te win, het hy gesê.

  • Daar is nog net 350 kaartjies oor vir U2 se Johannesburg-konsert nadat organiseerders eergister nóg 1 000 kaartjies beskikbaar gestel het. Kaartjies vir die konsert op 13 Februarie volgende jaar was binne ’n paar dae uitverkoop, maar ’n beperkte getal sitplekke gaan in die FNB-stadion ingerig word.

Lees meer oor: musiek  |  kan jy glo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2004
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2006
R 129,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.