U2-kykers byna hoog en droog by groot konsert

2011-02-17 09:18
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Vrydagaand se U2-konsert in die Kaapstad-stadion was byna ’n “droë konsert”.

Die stadion se dranklisensie het nie aan die wetlike vereistes vir die verbruik van alkohol by die konsert voldoen nie.

Stappe moes dus verlede week inderhaas gedoen word om die aanbieder van die konsert te help om die korrekte lisensie te kry.

Lesley de Reuck, direkteur van die stadion, het Woensdag gesê: “Dit was een van die goëlballe wat ons op die nippertjie moes hanteer om alles vir die konsert gereed te kry.

“Ons het gehelp om die proses te versnel en Big Concerts het nou ’n lisensie wat sal sorg dat niemand die konsert met ’n droë keel hoef by te woon nie.

“Die ander onverwagte kwessies wat spesiale aandag moes geniet, was van ’n tegniese aard en is ook gou opgelos.

“Alles is in plek vir die konsert. Ons vra net dat die konsertgangers betyds na die stadion kom om onnodige frustrasie te voorkom.”

Die 72180 mense wat kaartjies vir die konsert het, is 8080 meer as die getal toeskouers wat verlede jaar die grootste sokkerwedstryd nóg in die stadion bygewoon het.

Altesaam 64100 het die Wêreldbeker-halfeindstryd tussen Nederland en Uruguay bygewoon, het Louw Visagie van die stadion-bestuurspan gesê.

“Alles word gedoen om dit vir die U2-aanhangers so maklik as moontlik te maak om in die sta­dion te kom.

“Ons het byvoorbeeld 101 deursoekplekke by die toegangspunte tot die stadion ingerig om te sorg dat die vloei van mense nie vertraag of onderbreek word nie,” het hy gesê.

Mense wat kaartjies gekoop het, moet seker maak hulle het die regte kaartjies, berig Annelie Maré.

Volgens Emile Davids van Computicket lyk die koopbewyskaartjie wat aanvanklik uitgereik is, baie soos die toegangskaartjie self.

’n Koopbewys sal egter nie jou toegang verseker nie.

“Ons het vandeesweek SMS’e uitgestuur aan diegene wat nog nie hul regte kaartjies by Computicket afgehaal het nie,” het Davids gesê.

Regte kaartjies het ’n strepieskode wat by die ingang geskandeer sal word, wat die koopbewyse nié het nie.

- Die Burger

Lees meer oor: konserte

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2004
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2006
R 129,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.