U2 kom Suid-Afrika toe
2010-10-18 10:11
Kaapstad - Die Ierse rockgroep U2 kom Suid-Afrika toe vir twee vertonings as deel van hulle 360 Degrees-wêreldtoer.
Volgens Live Nation Global Touring en Big Concerts is dit die eerste keer sedert 1998 wat dié groep in Suid-Afrika optree.
Dié twee konserte in Februarie volgende jaar gaan in die Johannesburgse FNB- en Kaapstad-stadions plaasvind.
Teen die tyd wat die groep Suid-Afrika bereik sou meer as 4,5 miljoen aanhangers hulle al gesien het as deel van die toer.
Kaartjies vir die konserte sal vanaf 23 Oktober by Computicket beskikbaar wees.
Toerdatums vir Suid-Afrika is:
Sondag, Februarie 13, 2011 - Johannesburg - FNB Stadion
Vrydag, Februarie 18, 2011 - Kaapstad - Kaapstad Stadion
Was jy al by 'n U2-konsert? Watter van hulle liedjies sal jy nooit vergeet nie? Stuur jou U2-storie en/of foto's vir Nuus24 met die Onderwerp "My U2" en word gepubliseer.
Vir meer inligting besoek www.u2.com.
Volg Nuus24 op Twitter.