Tyson word pa vir 8ste keer
2011-01-26 14:29
Los Angeles – Die voormalige swaargewig-bokskampioen Mike Tyson het vir die agtste keer pa geword.
Tyson en sy vrou, Lakiha Spicer Tyson, het op Dinsdag 25 Januarie die trotse ouers van ‘n babaseun geword.
Die paartjie, wat reeds ‘n tweejarige dogter Milan saam het, moet nog vir die baba ‘n naam gee.
Dié goeie nuus kom 18 maande na die tragiese dood van Tyson se vierjarige dogter, Exodus.
Exodus het gesterf nadat sy met 'n kabel, glo die koord van 'n trapmeul, om haar nek in haar ouerhuis gevind is.
Tyson en Lakiha het slegs tien dae na Exodus se sterfte getrou.
Die 44-jarige Tyson, wat reeds twee keer vantevore getroud was, het vyf ander kinders, Rayna, Amir, Mikey, Miguel en D'Mato uit vorige huwelike en by gewese meisies.
- Vir meer inligting besoek Tonight.
- Volg Nuus24 op Twitter.