Twilight-skrywer gedagvaar
2009-08-21 09:42
Los Angeles – ‘n Vrou wat ‘n obskure vampier-roman in haar tienerjare geskryf het, het dieTwilight-skrywer Stephenie Meyer gedagvaar vir die oortreding van kopiereg.
Meyer het glo haar idees vir die vierde boek van die Twilight-reeks, Breaking Dawn gestéél.
Jordan Scott het glo dele vanuit haar eie vampier-roman, The Nocture, op die internet geplaas en beweer Meyer het só idees bekom vir die laaste boek van die Twilight-sage.
Hachette Book Group, Meyer se uitgewery, het gesê die dagvaarding is ongegrond en hulle glo Scott het dit net gedoen vir die bevordering van haar eie loopbaan.
The Nocturne en Breaking Dawn, wat albei in 2008 gepubliseer is, het soortgelyke taalgebruik en karakters in en van die storielyne stem ook ooreen, meen Scott.
Albei boeke het byvoorbeeld ‘n troue in, asook ‘n wittebrood toneel waar die paartjie liefde maak op die strand.
Meyer se uitgewers meen egter die bewerings toon "‘n gebrek aan inhoud” die boek Breaking Dawn is gebasseer op ‘n vroeër ongepubliseerde weergawe vir die opvolg vanTwilight.
- Reuters