Twilight-skepper skryf nog 'n boek
2010-03-31 13:32
New York – Stephanie Meyer, wat beroemdheid verwerf het met haar Twilight-boeke, gaan binnekort nog ‘n boek publiseer.
Die uitgewer Little, Brown Books for Young Readers sal The Short Second Life of Bree Tanner op 5 Junie bekendstel.
Die boek vertel die storie van Bree, ‘n nuutgebore vampier wat ook in Eclipse sy verskyning gemaak het.
Oorspronklik sou dié boek deel uitgemaak het van The Twilight Saga: The Official Guide, maar is uiteindelik gewigtig genoeg geag om op sy eie uitgegee te word.
– Sapa