Twilight-liefies is ‘n item
2010-02-24 00:45
Kaapstad – Robert Pattinson, wat die vampierheld in Twilight vertolk, het bevestig dat hy en sy mede Twilight-ster Kristen Stewart in die werklikheid ook ‘n item is.
Die akteur, wat voorheen geheimsinnig was oor sy liefdeslewe, het Saterdagaand by die Bafta-toekennings se partytjie erken dat hulle twee uitgaan.
Volgens Pattinson was hulle huiwerig om hul verhouding te bevestig want hulle was bekommerd dat obsessiewe aanhangers die twee sou oorval.
Lees meer by tonight.co.za