Twilight-aktrise wil nie soos Jolie wees
2010-07-02 11:39
Hollywood – Kristen Stewart wil nie die volgende Angelina Jolie wees nie.
Die 20-jarige aktrise – wat Bella Swann in die Twilight-flieks speel – het baie respek vir Angelina se talent en humanitêre werk, maar sy sal nie plekke met haar wil ruil nie.
“Ek sal nie Angelina Jolie wil wees nie. Nie dat Angelina nie die mees talentvolle, mooi, suksesvolle, ongelooflike persoon is wat goeie dinge vir die wêreld doen nie, maar ek sal nie so ‘n filmster wil wees nie.”
Stewart sê sy geniet dit nie om in die kollig te wees nie.
Lees meer by Tonight
Volg Nuus24 op Twitter