Twilight-akteur bestuur onder die invloed
2011-08-11 11:26
Arizona – ‘n Akteur wat die rol van ‘n weerwolf in die film Twilight speel is in Arizona in hegtenis geneem nadat hy glo onder die invloed van dwelms of alkohol bestuur het, het owerhede gesê.
Volgens die polisie is die 21-jarige Kiowa Gordon vroeër vandeesweek in Mesa in hegtenis geneem kragtens ‘n uitstaande lasbrief.
Die Arizona Republic het berig Gordon word aangehou tot hy sy borgtog van $1 000 (sowat R7 000) betaal, en sal op 18 Augustus in die hof verskyn.
Gordon vertolk die rol van Embry Call in die Twilight-reeks.
Volgens hofdokumente was ‘n lasbrief vir Gordon uitgereik ná hy versuim het om in die hof te verskyn.
Dít volg nadat hy in Februarie 2010 skuldig gepleit het op 'n aanklag van dwelmbesit en -gebruik.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP